Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781432301859 | Published: June 1, 2013 |

Boendoe-kos Vir Die Afrika-bos

Boendoe-kos Vir Die Afrika-bos

Regular price R 220
Regular price R 0 Sale price R 220
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Boendoe-kos vir die Afrika-bos is as't ware die nutsman van resepteboeke! As jy van die buitelewe hou, is hierdie boek beslis vir jou. Die resepte is noukeurig uitgesoek om die uitdagings van kampeer in die boendoe te oorbrug sodat jy al die nodige bestanddele in jou 4x4-voertuig kan laai. Al die resepte kan in die oond, oor die kole, of oor 'n gasstoof voorberei word. Deur die jare het 4x4-safaritoerusting merkwaardig ontwikkel en deesdae besit die meeste kampeerders 'n klein kamp-yskas of -vrieskas. Dit beteken dat 'n groter verskeidenheid kos voorberei kan word en jy nie meer op soja of blikkieskos hoef staat te maak nie. Jy hoef ook nie 'n beroemde sjef te wees om hierdie geregte voor te berei nie - dis smaaklik, maar net so maklik om te maak! Boendoe-kos vir die Afrika-bos stel jou in staat om selfs op safari soos 'n bobaas-sjef te kook en enige iets van slaaie, tot moussaka, tot selfs roomys te bedien.

Author Rita van Dyk

View full details