ISBN: 9781432302016 | Published: November 1, 2013 |
Seep, Skuim en Skrop
Seep, Skuim en Skrop
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Nicole Seabrook wou haar eie, natuurlike produkte met 'n persoonlike stempel ontwikkel nadat sy as aromaterapie-student 'n werkswinkel vir natuurlike produkte bygewoon het. Haar doel om glad nie meer chemiese produkte in haar huis te gebruik nie was nogals uitdagend
aangesien dit aanvanklik moeilik was om sekere bestanddele in Suid-Afrika te kry.
Soos wat verbruikers egter meer bewus geraak het van giftige chemikalieë in huishoudelike skoonmaakmiddels en meer vervaardigers van skoonheidsmiddels natuurbewus geraak het, het hierdie bestanddele geredelik beskikbaar geraak in gespesialiseerde gesondheidswinkels en apteke. Nicole het die behoefte aan 'n boek , wat vir lesers wys hoe om hierdie produkte tuis, op 'n bekostigbare, maklike wyse te maak, identifiseer.
Seep, Skuim en Skrop bevat meer as 100 maklike resepte wat vir die liggaam en die huis ontwikkel is. Daar is hoofstukke oor gesigsprodukte, haarprodukte, behandeling vir hande en voete, asook produkte vir kinders, babas en swangerskap.
Nicole wys jou ook hoe om gliserien- en kouepers-seep te maak en bespreek die eteriese olies en hul gebruik. QR ('quick response')-kodes word ingesluit met skakels tot Internetvideos waar die maak van die produkte gedemonstreer word.
Inhoud:
Inleiding;
Oor natuurlike velsorg;
Die oorsprong van natuurlike skoonheidsmiddels en die geskiedenis van seepmaak;
Aromaterapie- eteriese olies;
Draerolies;
Toerusting;
Lyfprodukte;
Hand- en voetprodukte;
Haarprodukte;
Badprodukte;
Gesigsprodukte;
Swangerskap- en bevallingsprodukte;
Babaprodukte;
Kinderprodukte;
Seep;
Huisprodukte;
Eerstehulp- en medisinale produkte;
Toedraai- en verpakkingsidees;
Bibliografie;
Voorraadhouers en verskaffers
DIE OUTEUR
Nicole Seabrook is 'n gekwalifiseerde aromaterapeut en werk sedert 2001 in die gesondheids- en skoonheidsindustrie. Sy bedryf haar eie salon vanuit die noordelike voorstede van Kaapstad, waar sy ook werkswinkels vir basiese aromaterapie, natuurlike produkte en
die maak van seep aanbied. Nicole het haar eie reeks vir natuurlike produkte, Nature's Way Wellness, wat aromaterapie- en natuurlike produkte aan spa's in die Wes-Kaap voorsien. Seep, Skuim en Skrop is haar eerste boek.
Author Nicole Seabrook
Share
