Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781432302498 | Published: May 1, 2014 |

Bak met Josh

Bak met Josh

Regular price R 100
Regular price R 0 Sale price R 100
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Bak met Josh spruit uit die suksesvolle Kook met Josh, waarvan meer as 10 000 kopieë in Afrikaans en Engels verkoop het sedert die bekendstelling in 2012. Bak met Josh bevat Josh se gunstelingbakresepte en is in ses hoofstukke verdeel: Groot koeke; Kolwyntjies en muffins; Koekies, plaatgebak en ander happies; Brood; Terte, pasteie en Oondgebak.
Elke hoofstuk bevat pragtige kosfotografie, Josh se eie illustrasies en stap-vir-stap strokiesprente. Terwyl die kleingoed wag vir hul heerlike lekkernye om klaar te bak, kan hulle ook die prettige speletjies en aktiwiteite in Bak met Josh, soos verbind-die-kolletjies, woordspeletjies, blokkiesraaisels en
inkleur, geniet. Josh sluit ook 'n kleurvolle bladsy met prettige feite en bakwenke in.
Bak met Josh bevat meer as 40 resepte wat wissel van gunstelinge soos wortelkoek en piesangbrood, tot nuwe, interessante resepte soos die Miljoenêr-in-wording sjokoladekoek, Horing-kolwyntjies en Sjokolade-lawa-koekies. Bak met Josh sal jonk en oud inspireer om heerlike gebak vir die hele gesin te maak. Selfs Gordon Ramsey het opgemerk: 'Josh is besonder talentvol in die kombuis en boonop so jonk! Hy is voorwaar 'n inspirasie vir ander kinders wat graag wil kosmaak. Sterkte!'
Inhoud: Inleiding, My Reis, Groot koeke; Kolwyntjies en muffins; Koekies, plaatgebak en ander happies; Brood; Terte en pasteie; Oondgebak; Wenke; Omrekeningstabel; Indeks

Author Josh Thirion

View full details