Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781432303297 | Published: October 1, 2013 |

Die Nuwe Amptelike K53 Handleiding vir die leerling- en bestuurslisensietoetse

Die Nuwe Amptelike K53 Handleiding vir die leerling- en bestuurslisensietoetse

Regular price R 120
Regular price R 0 Sale price R 120
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Hersien, met opgedateerde inligting en 'n helder nuwe voorblad om daarby te pas, is Die Nuwe Amptelike K53-handleiding 'n omvattende en koste-effektiewe gids om jou te help slaag in die Leerling- en K53-Bestuurslisensietoetse. Elke hoofstuk bespreek wat van jou verwag sal word met die hantering van ligte en swaar motorvoertuie en motorfietse.

Die Leerlinglisensie-afdeling verduidelik die K53-beginsels van defensiewe bestuur, padtekens en padreëls, met vrae en antwoorde om jou kennis te toets. Aan die einde van dié afdeling is 'n oefentoets, soortgelyk aan die een wat deur verkeersdepartemente opgestel word. 'n Nuwe, nuttige afdeling wat addisionele items in die wetgewing opsom, is ná die toets bygevoeg.

Die Bestuurslisensie-afdeling verduidelik hoe kandidate getoets word en waarna eksaminators oplet, met stap-vir-stap-instruksies vir elke maneuver in die werf- en die padtoets. Met detail-illustrasies in volkleur, is dit beslis dié gids vir leerling- en bestuurslisensietoetse. Dié handleiding se inhoud vorm ook die basis vir 'n opsionele skakel tot 'n aanlyn-selftoetsfasiliteit.

Inhoud: Oorsig van die Leerlinglisensietoets; Die voertuig se kontroles; Defensief bestuur op die K53-manier; Oorsig van padtekens; Reguleringstekens; Waarskuwingstekens; Inligtingstekens; Gidstekens; Padmerke; Reëls van die pad; Leerlinglisensie-proeftoets (met antwoordblad); Oorsig van K53-bestuurstoets; Gebruik van die voertuig se kontroles; Verduideliking van die K53-aksies; Bestuurstoets vir ligte en swaar voertuie - Die werftoets; Die bestuurstoets; Motorfiets-rytoets - vooraf-inspeksies en maneuvers; Ryvaardighede-toets.

Author Clive Gibson

Author Gavin Hoole

Author Bata Passchier

View full details