ISBN: 9781432303488 | Published: February 28, 2024 | Soft Cover
Tradisionele Suid-Afrikaanse Kookkuns
Tradisionele Suid-Afrikaanse Kookkuns
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Enigeen wat met verlange terugdink aan 'n geliefde ouma se spesiale melktert of melkkos, of 'n tannie se heerlike boboti en vetkoek, behoort hierdie boek in sy of haar kombuis te hê!
Vir diegene wat lief is vir tradisionele Suid-Afrikaanse kos sal hierdie resepte vir seker help om die verlange na geliefkoosde disse te stil. Tradisionele Suid-Afrikaanse Kookkuns is 'n versameling resepte wat die moderne kok daartoe in staat stel om dieselfde heerlike maaltye voor te sit as dié wat ons
voorouers geskep en geniet het.
Die Suid-Afrikaanse kookkuns is 'n unieke vermenging van 'n verskeidenheid kulture - die Hollandse, Franse, Duitse en Britse setlaars, sowel as die Maleierslawe wat uit die Ooste hierheen gekom het, het almal hul eie gunstelingresepte na Suid-Afrika gebring. Die subtiele wyse waarop hierdie 'ingevoerde' resepte aangepas is deur plaaslike bestanddele in te sluit en innoverende metodes te gebruik, het gelei tot die skep van 'n baie oorspronklike en geliefde kookkuns. Die boek bevat ook interessante brokkies oor die manier waarop ons voorouers geleef het.
Inhoud: Inleiding; Sop, voorgereg en happies; Vis en seekos; Pluimvee; Vleis; Wild en voëlwild; Groente, slaaie en bygeregte; Nageregte; Koekies, skons, koeke en terte; Brood en beskuit; Lekkergoed; Konfyt en jellie; Piekels en blatjang; Vrugtedrankies, bier en likeur; Indeks
Magdaleen van Wyk is die outeur en mede-outeur van 'n aantal kookboeke, onder andere Die Volledige Suid-Afrikaanse Kookboek, uitgegee deur Struik Lifestyle. Sy is 'n afgetrede lektrise van die Departement Verbruikerstudie en Menslike Voeding van die Universiteit van Stellenbosch. Medaljes is al aan haar toegeken deur die Silwoodkookskool in Kaapstad en die Suid-Afrikaanse Brandewynstigting.
Pat Barton is 'n vryskutskrywer, redigeerder en vertaler, en was ook al medewerker aan verskeie kookboeke. Sy het die oorspronklike Die Volledige Suid-Afrikaanse Kilojoule-, Kalorie- en Koolhidraatteller, ook deur Struik Lifestyle uitgegee, saamgestel.
Author Magdaleen van Wyk
Author Pat Barton
Share
