Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781432304218 | Published: August 1, 2014 |

Wat borrel in die pot? Monstermaan 1

Wat borrel in die pot? Monstermaan 1

Regular price R 90
Regular price R 0 Sale price R 90
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Die Monstermaan-reeks is (op aanvraag) weer in druk!
In die eerste boek, Wat borrel in die pot? bly daar al weer 'n nuwe inwoner in die huis langs Niël-hulle. Meneer Katz is 'n taksidermis -- iemand wat diere slag en opstop. En daar gaan aaklige dinge aan by die huis met die torinkies. Meneer Katz is gevaarlik. Niël het met sy eie oë gesien hoe hy 'n kat verwurg!
Almal dink Niël se verbeelding is weer op hol. Maar as dit sy verbeelding is, wonder Niël hoekom troeteldiere ewe skielik verdwyn, wat die man heeldag by die DBV soek en wat gedurig in die groot, swart pot op sy stoof borrel?

Met die heruitgawe van die eerste boek in dié spannende reeks kan kinders weer lekker bang word, sommer baie bang word!
Louis van Niekerk is eintlik Louise van Niekerk wat ook die gewilde reeks, Reënboogrant Tieners geskryf het. Sy het Sielkunde studeer, vir jare gewerk met kinders wat minimale breindisfunksie het, klas gegee vir studente en deurgaans bly skryf vir die radio, tydskrifte en televisie. Sy het ook 'n dramaskool gehad. Deesdae vervaardig sy programme vir DTV-- televisie vir dowe mense.

View full details