ISBN: 9781432304225 | Published: October 1, 2014 |
Die klou van die Ninja - Monstermaan 2
Die klou van die Ninja - Monstermaan 2
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Met Die klou van die Ninja, die tweede boek in die spannende en gewilde Monster-maan-reeks kan kinders weer lekker bang word, sommer baie bang word!
Niël-hulle se nuwe buurman is 'n Japanees en Niël weet sommer dat hy 'n Ninja is. Meneer Murakani word die middelpunt van Niël se bestaan.
Maar dan sien Niël 'n bebloede Ninja-klou in meneer Murakami se wasbak. Skielik word Niël se lewe 'n nagmerrie waarin 'n man met 'n skerpioen op sy wang, twee figure wat nagteliks rondsluip en die geheim van die Scroll of the Tiger, by hom spook.
Die ergste is dat niemand Niël wil glo nie en dat almal dink dit is net sy verbeelding.
Louis van Niekerk is eintlik Louise van Niekerk wat ook die gewilde reeks, Reënboogrant Tieners geskryf het. Sy het Sielkunde studeer, vir jare gewerk met kinders wat minimale breindisfunksie het, klas gegee vir studente en deurgaans bly skryf vir die radio, tydskrifte en televisie. Sy het ook 'n dramaskool gehad. Deesdae vervaardig sy programme vir DTV-- televisie vir dowe mense
Author Louis van Niekerk
Share
