ISBN: 9781432306618 | Published: February 1, 2016 |
50 Lapblokprojekte
50 Lapblokprojekte
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Die gebruik van vetkwarte is nie net vir kwilters nie, maar is baie meer veelsydig. Naaldwerkers gebruik ook graag dié klein stukkies materiaal wat in pragtige bondeltjies in materiaalwinkels, asook by handwerk- en kunsmarkte teen 'n billike prys verkoop word. Elf talentvolle ontwerpers van regoor die wêreld verduidelik stap-vir-stap in 50 Lapblokprojekte hul gunstelingpatrone en -projekte. Hierdie unieke versameling vinnige en maklike naaldwerkprojekte sluit kontemporêre idees vir doen-dit-self dekor, bykomstighede, en geskenke in - alles gemaak met behulp van vetkwarte. Dit wissel van eenvoudige projekte met een vetkwart na projekte met 'n paar vetkwarte vir 'n vinnige lappieskombers, en bevat meer komplekse projekte wat tot tien vetkwarte gebruik. Dié versameling projekte bied die ideale oplossing vir naaldwerkers met 'n bondel vetkwarte wat wag om in iets moois omskep te word.
Author Ame Verso
Share
