ISBN: 9781432306892 | Published: January 1, 2017 |
Low Carb is Lekker Twee
Low Carb is Lekker Twee
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Om laekoolhidraat-maaltye voor te berei hoef nie vervelig of saai te wees nie. Inè Reynierse, outeur van die topverkoper 'Low-carb' is lekker, bring alledaagse disse weer terug na die laekoolhidraat-hoëvet-spyskaart.Met haar unieke deegresepte kan jy nou brood, muffins, oliebolle, nachos, pizza, vetkoek en selfs koeksisters geniet, maar sonder die oortollige koolhidrate. Haar eenvoudige en fynproewermaaltye, waaronder 'n paar plaaslike gunstelinge asook gunstelinge van oor die wêreld heen, sal die hele gesin laat vra na meer ... meer gesonde maaltye!As jy op soek is na eenvoudige en sakpasresepte vir 'n laekoolhidraat-leefstyl, is dié boek jou beste bondgenoot. Inhoud: Van die skrywer; Uit beginsel; Sal dit deeg?; Om die wêreld in 18 maaltye; Onder 30 minute-etes; Vingerkos en peuselhappies; Piekniekkos; Bygeregte, slaaie en souse; Vir die kinders; Soetigheid; Superkosdrankies en sportversnaperinge; Omrekeningstabel; Indeks
Author Ine Reynierse
Share
