ISBN: 9781432311308 | Published: September 27, 2021 | Paperback
Mynie speel met vuur
Mynie speel met vuur
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Mynie Steffens is 'n selferkende braaiverslaafde en kook al sedert sy 10 jaar oud was, op die vuur! 'Alles smaak soveel beter as dit op die vuur gaargemaak word', s ê sy. 'Ek soek altyd enige moontlike verskoning om 'n indrukwekkende, dag lange braai te re ë l.'
Danksy die ervaring wat sy oor reis en braai opgedoen het tydens haar TV-kosmaakprogram 'Speel met vuur', asook deur spyseniering vir private braaigeleenthede, het Mynie besluit om haar idees verder te voer. Die resultaat is hierdie kookboek van braaiproe-spyskaarte - die beste braaivermaak ooit. Mynie nooi jou om pret te h ê elke keer as jy braai, met alles van spyskaarttemas en smaaklike (dikwels onkonvensionele) resepte tot gepaste musiekspeellyste en prettige feite!
Hetsy jy dus 'n braaigroentjie is of jouself as 'n braaikenner beskou, sluit gerus aan by die partytjie en leer nuwe truuks op Mynie se manier.
Die boek sluit in:
- 70 smaaklike en vindingryke proespyskaarte van resepte
- Inligting oor hoe om te braai en 'n vuur te pak, of jy nou houtskool, hout of brikette gebruik
- Skakels na musiekspeellyste op Spotify
Author Mynie Steffens
Share
