ISBN: 9781485300090 | Published: November 1, 2013 |
Atlas teen die vergeetrivier
Atlas teen die vergeetrivier
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Pirow Bekker se poësie word gekenmerk deur die konkreetheid daarvan. Hy is 'n skerp waarnemer wat plante, voëls en diere in ons gewone, voorstedelike omgewings met treffende beelde opnuut onder die leser se aandag kan bring. Só skryf hy in 'Nasomer':
Vanmôre bereik 'n helder voël se skreeu
die eerste oggendys, wat breek
en in 'n glibberige borrel
dié roep gevange hou.
Dit is hierdie soort ervarings wat die digter wil gebruik om 'n brug te bou oor hierdie aarde met sy skoonheid én kwellings en die vergetelheid. Hy wil met sy gedigte iets tot stand bring wat 'dié ou reisiger' (die digter self) die krag sal gee om soos Atlas die aarde op sy skouer te lig en oor die 'vergeetrivier', die einde van die bekende lewe, te dra.
Benewens die satiriese gedigte oor die aktuele werklikheid waarvoor Bekker ook bekend geword het, bevat die ses afdelings van die bundel ook mooi liefdesverse, gedigte oor die ouderdom en gedigte oor die verlange van ouers na hul kinders in die vreemde.
OOR DIE OUTEUR
Dr. Pirow Bekker was joernalis, navorser en dosent. Hy het, naas gedigte, ook jeugromans en kortverhale geskryf waarvan sommiges gereeld voorgeskryf word. Ná sy aftrede woon hy en sy vrou op Boggomsbaai in die Suid-Kaap, maar het onlangs weer na Pretoria teruggekeer.
Author Pirow Bekker
Share
