ISBN: 9781485300250 | Published: January 1, 2014 |
Reisiger te perd
Reisiger te perd
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Die Namibiese skrywer Piet van Rooyen bring met hierdie bundel gedigte twee van sy groot liefdes bymekaar: perdry en lees. Volgens Van Rooyen is dit verbasend watter groot rol die perd in die wêreldletterkunde speel en hoeveel verwysings na perde in belangrike literêre werke gevind kan word. Met die aantekeninge wat hy oor 'n aantal jare oor perde in prosawerke gemaak het as basis - hy het poësie met opset nie ingesluit nie - het Van Rooyen die verse van hierdie bundel geskep. Die gedigte is nie direkte vertalings nie, maar vrye verbeeldingsvlugte met die gegewe van die oorspronklike tekste as vertrekpunt. Skrywers histories en kultureel so ver van mekaar verwyder soos Homeros en Isabel Allende, Vergilius en Kazuo Ishiguro, Voltaire en Virginia Woolf word in die bundel verteenwoordig. In sommige gedigte speel die perd 'n sentrale rol, in ander is daar net terloopse verwysings na perde, maar byna altyd word die perd geplaas in 'n konteks wat so raak geteken word dat die gedigte klein kamees van uiteenlopende eras, samelewings en ruimtes word.
OOR DIE OUTEUR
Van Rooyen is 'n bekroonde romansier en digter. Sy eerste roman, Die spoorsnyer, het die Tafelberg/Sanlam/De Kat-romankompetisie en die CNA-prys vir 'n debuutroman gewen. Die olifantjagters is met die M-Net-prys vir Letterkunde bekroon. Hy is tans professor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Namibië.
Author Piet van Rooyen
Share
