Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485300564 | Published: May 3, 2021 | Paperback

Kunswoordeboek/Arts Dictionary

Kunswoordeboek/Arts Dictionary

Regular price R 495
Regular price R 0 Sale price R 495
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Daar het in die diskoersgemeenskap van Kuns 'n dringende behoefte ontstaan aan 'n moderne Woordeboek vir die Beeldende Kunste. In antwoord hierop het die Kommissie 'n werkkomitee gestig, bestaande uit prof Alex Duffey (projekleier), prof Estelle Mare, prof Margaret Slabbert, dr Albert Werth, dr Mariëtta Alberts, mnr Samuel Pauw, mnr Eric Dünkelman, mnr Niek Coetzee, mnr Balthi du Plessis, mev Rina de Villiers, mev Dirkie Offringa, mev Esmé Kruger, mev Valerie Bester en mev Susan Roets om aan die projek te begin werk. 'n Verteenwoordigende groep vakspesialiste en -deskundiges uit 'n verskeidenheid velde en subvelde is genader om termlyste uit hul onderskeie velde by te dra soos byvoorbeeld Estetika, Argitektuur, Kunsgeskiedenis, -metodologie, -onderrig en -praktyk, Kunsweefwerk, Keramiek, Grafiese Ontwerp, Rekenaargrafika, Telefisiegrafika, Animasie, Industriële ontwerp, Inligtingsontwerp, Museumkunde, Fotografie, Drukwerk, Litografie, a, Fotografie, Pottebakkerskuns en Argitektuur.

View full details