Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485300694 | Published: March 1, 2014 |

Skulp

Skulp

Regular price R 160
Regular price R 0 Sale price R 160
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Met hierdie bundel wat uitsluitlik uit kwatryne bestaan, demonstreer Hennie Aucamp weer eens sy buitengewone taalvernuf en skerp waarnemingsvermoë. Die kwatryn is 'n moeilike digvorm wat van die digter vereis om in enkele woorde en net vier reëls 'n sinvolle eenheid in beeldende taal oor te dra. Dié vorm pas Aucamp, 'n meester van die kortverhaal, soos 'n handskoen, soos die vers oor die Nautilus pompilius-skulp toon:
Dié skulp, soos 'n S op homself ingekrul,
berg binne hom, ongesiens, 'n wenteltrap
wat matematies klim, stap vir stap;
en net die fynste deursnit kan dit onthul.
Inhoudelik staan die bundel, soos die vorige, Teen die lig, in die teken van verganklikheid, die onafwendbare gang van die seisoene en die lewe, met verse oor ouderdom ( 'Gesél', 'Vergange glorie'), die dood in verskillende gedaantes ('Op die oop veld', 'What a lovely way to go')en die verbygaan van 'n landelike bestaan ('Tuiskoms', 'Die leë huis'). Soos in sy kabarettekste tref 'n mens hier ook kwatryne oor die kunste en die dekadente ('Ballet', 'Ouwe poefter'), maar daar is ook pragtige verse oor die krag en skoonheid van die natuur ('Wolkie', 'Poplier') en oor gewone, aardse genietinge ('Bosveld-ontbyt, 'Boervrou').
Vir die leser wat bereid is om fyn te kyk en te lees, word die ongesiende en ongehoorde in Skulp onthul.

Author Hennie Aucamp

View full details