ISBN: 9781485300724 | Published: May 1, 2014 |
Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle
Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
In Andries Bezuidenhout se tweede bundel word twee werklikhede wat op die oog af nie raakpunte het nie, naas mekaar geplaas. Aan die een kant is daar die groter ruimte van die Suid-Afrikaanse stad en platteland, en aan die ander kant die intieme ruimte van die huis, veral die kombuis, gevul met verskillende toestelle. In albei hierdie ruimtes is verandering aan die werk. Die slopende werking van die geskiedenis bring verval, afsondering en verlatenheid in stad en dorp mee; in die kombuis is die verandering geheimsinniger, soms meer sinister, en wonder die spreker oor die sameswerings van huishoudelike toestelle teen hulle gebruikers ('Kombuiskomplot'). In die gedig 'Muizenberg, renovator's dream' word die verandering wat die geskiedenis meebring, gesien as die 'ewige ritme van bou en verval', daarenteen is die prosesse in die huis, afkoeling, reiniging, en voorbereiding van maaltye iets baie meer basies, maar noodsaaklik, soos die digter in 'You'll always find me in the kitchen at parties' aanvoer: 'Die geskiedenis, liewe vriende,/word selde in fabrieke vervaardig,/soos enige digter wat haar sous werd is weet:/In kombuise word dit opgekook.'
Author Andries Bezuidenhout
Share
