ISBN: 9781485300861 | Published: June 1, 2014 |
Die Roebaijat van Omar Khajjam
Die Roebaijat van Omar Khajjam
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Die Roebaijat van Omar Khajjam is 'n groep Persiese kwatryne wat beroemd geword het toe 'n Engelse vertaling van Edward FitzGerald in 1859 gepubliseer is. Sedertdien het dit al meer as 650 verskillende uitgawes en 'n groot aantal herdrukke belewe. Meer as 'n honderd komponiste het sedertdien ook toonsettings van die kwatryne geskryf. Ook in Suid-Afrika het hierdie kwatryne (die woord roebai beteken kwatryn) bekend en gewild geword, onder andere deur die Afrikaanse vertalings van bekende digters soos C.Louis Leipoldt en C.J. Langenhoven.
Khajjam se oorspronklike verse was nie gerangskik in enige bepaalde volgorde of tematiese samehang nie. FitzGerald het die kwatryne egter gerangskik en soms selfs herskryf om 'n poëtiese eenheid daarvan te maak en om iets van Khajjam se hedonistiese lewensfilosofie weer te gee. Die bekende digter en vertaler Daniel Hugo het 50 van die kwatryne wat FitzGerald vertaal het, uitgesoek op grond van hulle vertaalbaarheid in Afrikaans en hulle trefkrag. Hierdie keuse wil steeds die wesenlike karakter van die kwatryne te behou. Hulle kan as eenheid of as selfstandige gedigte gelees word.
Author Omar Khajjam
Share
