ISBN: 9781485300878 | Published: December 1, 2014 |
Sonde van Lusinda
Sonde van Lusinda
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
'Vir Stéfan is die oorgang van seksuele dier tot voorbeeldige pa 'n naatlose een. Dis soos verskillende kamers in jou kop, sê hy vir homself, wat niks met mekaar te doen het nie, waar jy kan ingaan en uitkom nes jy wil, die deure agter jou toemaak. Aan dié manier van dink en handel is daar vir hom niks onsedelik of selfs ongemaklik nie; dit is hoe jy oorleef in 'n wêreld wat byna om elke hoek teen homself draai. Trouens, hy is trots op sy vermoë om 'n verkleurmannetjie te wees. Nee, nie 'n verkleurmannetjie nie, eerder 'n man van vele fasette, a man for all seasons - dit verg immers 'n sekere intelligensie.'
Sonde van Lusinda is die verhaal van Stéfan, 'n 43-jarige prokureur en geskeide pa van 'n tienerdogter, wat by 'n braai verlief raak op 'n 20-jarige model sonder matriek. 'Age is just a number!' verseker sy hom. Sal hy dié 'blonde bom' kan weerstaan? Wat sou die impak van so 'n onmoontlike verhouding wees op sy familie, sy vriendekring en sy werk? Is dit hoe 'n midlife crisis lyk?
Author Anton Schoombee
Share
