Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485301011 | Published: June 1, 2014 |

Gordel

Gordel

Regular price R 170
Regular price R 0 Sale price R 170
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Hierdie debuutbundel is sterk geanker in die wêreld van die Wes-Rand en die Magaliesberg waar die digter grootgeword het. Hy skryf met deernis oor mense wat hy in sy kindertyd geken het, familielede, gesinslede en die mense van die buurt, 'n vergange werklikheid waarvan hy in die reeks 'Moenie jou verlede Google Earth nie' sê:
Daar is geen wreder klank
as voetstappe van lewens wat wegdraai
uit leë huise nie.
In ander gedigte word die saambestaan van verskillende lewensvorme - bome, grassoorte, voëls en klein diertjies - geteken. Dit is egter geen idilliese landelike wêreld nie, veel eerder 'n wêreld wat sowel bedreig as bedreig word deur verwaarlosing, veranderinge in die samelewing en aankruipende verstedeliking. Reeds in die openingsgedig, 'Stapgids tot Blougat', word wrang gewaarsku dat selfs in 'n natuurreservaat die stapper nie aan die werklikhede van die groter samelewing kan ontkom nie.

View full details