ISBN: 9781485301035 | Published: October 1, 2014 |
Op ver paaie
Op ver paaie
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Wanneer PJ Schoeman tydens 'n jagtog na die Kaokoveld in die destydse Suidwes-Afrika reis, is dit die begin van 'n onverwagse verkenning van die gees. Sy aanvanklike soektog na 'n wilde perd verander spoedig in 'n simboliese reis: 'n Soeke na wat eg, ongeskonde en ongebonde is. Sy roete kruis met dié van 'n inheemse stam wat hom op ver paaie lei en die misterie en romantiek van hul bestaan aan hom ontbloot. Hy beleef die wilde dans van die bloubokkie, hoor die rou weeklag van die leeu en sien die trane van die eland. Hy ontmoet ook vir Tjimaka, die vrou met heimwee in haar oë, en besin oor die stadsmens se verlies aan eenvoud.
Schoeman se teks voer lesers mee na plekke waar die natuurkind se stem eens langs die vuur opgeklink het, maar nou deur die wind weggewaai is. Saam met die jagter gaan oë en harte weer oop vir die veld en diere en word daar nagedink oor wat werklik van waarde is in die lewe.
PJ Schoeman is bekend vir sy jagstories. Hierdie is weer 'n boek waar hy vertel van ondervindinge tydens 'n jagtog in die ou Suidwes-Afrika, maar dit is nie net gewone stories nie. Die simboliek agter die vertellinge maak van hierdie boek iets besonders.
Author P.J. Schoeman
Share
