Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485301141 | Published: May 1, 2015 |

Stylboek: Riglyne vir paslik skryf

Stylboek: Riglyne vir paslik skryf

Regular price R 420
Regular price R 0 Sale price R 420
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Hierdie omvattend herbewerkte uitgawe van die Stylboek wat in 2006 gepubliseer is, is 'n ideale naslaanbron vir almal wat in Afrikaans skryf. Dit is gerig op studente, akademici, redakteurs, joernaliste, resensente, redigeerders, taalpraktisyns en opvoeders.
Skryfbeginsels word in die teks op eenvoudige en verstaanbare wyse verduidelik en met talle voorbeelde toegelig.
In die afdelings oor styl word verduidelik op watter wyse 'n teks oortuigend en aantreklik, duidelik en bondig aangebied kan word sodat effektief gekommunikeer kan word. Die gepaste toon vir verskillende kontekste, wat van formeel na informeel kan wissel, word uiteengesit en in 'n aparte hoofstuk word toeligtend oor die styl van wetenskaplike tekste geskryf. Twee toevoegings by die oorspronklike boek is 'n afdeling oor die styl van literêre analises en resensies en 'n hoofstuk gewy aan 'regte' en 'verkeerde' taalgebruik.

Author Piet du Toit

Author Wanda Smith

View full details