Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485301301 | Published: September 1, 2014 |

Die stilte opgeskort

Die stilte opgeskort

Regular price R 170
Regular price R 0 Sale price R 170
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

In Heilna du Plooy se derde digbundel besin sy veral oor verskillende soorte verhoudings: die verhouding met Suid-Afrika en die stamlande van Afrikaanssprekendes, verhoudings met familie en geliefde vriende, die verhouding met die persoonlike en kollektiewe verlede en verskillende vorms van magsverhoudings. 'n Besonder treffende reeks in die bundel handel dan ook oor die verhouding tussen jagter en prooi, die skuld van die maghebber en die offerande van die ondergeskikte, wat in die vorm van 'n gesprek met 'n reeks beeldhouwerke van Maureen Quin gegiet word. By hierdie reeks sluit verdere gedigte oor die skepping van kuns aan, wat teenoor 'n reeks oor 'n oppervlakkige verbruikerskultuur gelees kan word. Die bundel word afgesluit met 'n aantal elegiese verse en twee verse oor die eenvoudige waardigheid van sorg en mededeelsaamheid.

View full details