Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485301769 | Published: March 1, 2015 |

`n Digter in Antwerpen

`n Digter in Antwerpen

Regular price R 170
Regular price R 0 Sale price R 170
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Sedert sy debuut in 1969 met die bundel Orpheushanden het Leonard Nolens hom gevestig as een van die beduidendste Vlaamse digters van ons tyd. Drie versamelbundels het reeds van sy omvangryke oeuvre verskyn en sy poësie het talle Vlaamse en Nederlandse pryse ontvang, onder meer die Jan Campert- en Constantijn Huygens-pryse, die VSB-prys en die Prijs der Nederlandse letteren.
Vir hierdie versameling Afrikaanse vertalings het Daniel Hugo veral gekies uit gedigte oor Antwerpen, die stad waar Nolens woon en werk; die agtergrond van talle gedigte wat soms ook as stilswyende gespreksgenoot vir die digter optree. Die ander durende gespreksgenoot is sy geliefde. Leonard Nolens is 'n liefdesdigter sonder gelyke in die moderne Nederlandse letterkunde. Nolens skryf ook oor onderwerpe soos musiek, ander Europese lande en oor die mens se stryd om met homself tot 'n vergelyk te kom.
Leonard Nolens is in 1947 in Bree, België gebore. Hy woon in Antwerpen. Hy skryf voltyds en benewens dagboeke en enkele romans het daar reeds 23 digbundels uit sy pen verskyn.
Daniel Hugo is 'n gerekende digter, letterkundige en vertaler. In 2014 ontvang hy die Akademieprys vir Vertaalde werk vir sy vertaling van Tom Lanoye se roman Sprakeloos is. Hy is ook 'n bekende aanbieder van poësieprogramme oor die radio.

View full details