Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485301899 | Published: June 1, 2015 |

Dirk Mudge: Enduit vir 'n onafhanklike Namibië

Dirk Mudge: Enduit vir 'n onafhanklike Namibië

Author:Dirk Mudge
Regular price R 400
Regular price R 0 Sale price R 400
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Dirk Mudge publiseer op 87-jarige ouderdom sy langverwagte outobiografie. Hierdie besonderse man was vir 33 jaar voltyds betrokke by die politiek van Suidwes-Afrika en later Namibië. Hy betree die politiek in 1960 toe hy lid word van die Wetgewende Vergadering onder die Nasionale Party van Suidwes-Afrika. Mudge beskryf hoe hy aanvanklik die beginsels van die Nasionale Party onderskryf het, maar mettertyd tot ander insigte gekom het. Dit het onvermydelik tot sy uittrede uit die Nasionale Party gelei en tot die stigting van sy eie party: die Republikeinse Party. Hy het 'n persoonlike aandeel gehad in die skryf van die nuwe Grondwet vir die Republiek van Namibië en probeer in hierdie boek antwoorde verskaf op vrae soos waarom dit Namibië so lank geneem het om onafhanklikheid te bereik en wat die rol van Suid-Afrika en die internsionale gemeenskap daarin gespeel het.
Dirk Mudge is 'n boer en afgetrede politikus.

Author Dirk Mudge

View full details