ISBN: 9781485301998 | Published: June 1, 2015 |
Lillie die heksie en die soektog na die verlore skat
Lillie die heksie en die soektog na die verlore skat
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Uit pure agtelosigheid lees Lillie op 'n dag HARDOP uit haar towerboek. Asof sy teen dié tyd nie van beter weet nie! Heeltemal onverwags en onvoorbereid beland sy in die middel van 'n oerwoud. Die oerwoudstam wat haar aanvanklik gevange neem, is onder die indruk dat sy 'n toordokter is en versoek haar om na hul verlore skat te gaan soek. Met net 'n raaisel as roetebeskrywing, gaan Lillie op die soektog na die Goue Grot. Sal Lillie dit vind, en hoe sal sy weer kan huis toe kom sonder haar speelmuisie by haar? Of is Lillie vir altyd in die oerwoud gestrand?
Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wêreld. Met totale wêreldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie! Dié selfleesboekies is gemik om agtjariges en ouer.
Author Knister
Share
