Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485302193 | Published: June 1, 2015 |

Narnia 5 Die vaart van die Dagbreker

Narnia 5 Die vaart van die Dagbreker

Author:C.S. Lewis
Regular price R 180
Regular price R 0 Sale price R 180
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

In Die vaart van die Dagbreker beland Edmund en Lucy Pevensie saam met hulle mislike nefie Eustace Scrubb aan boord van die Dagbreker - die skip waarmee Prins Kaspian onderweg is na die Eensame Eilande, op soek na die sewe lords van Narnia wat jare gelede spoorloos verdwyn het. Op dié gevaarlike reis trotseer hulle allerlei uitdagings- maar die droom om tot by Aslan se land aan die einde van die wêreld te seil, bly groter as enige vrees vir die onbekende.
Alhoewel die eerste vier boeke in die wêreldbekende Kronieke van Narnia met verloop van tyd drupsgewys en deur verskillende uitgewers in Afrikaans vertaal is, is Protea Boekhuis se publikasie van Die vaart van die Dagbreker 'n eerste: dis nie net die vyfde titel in die reeks se debuut in Afrikaans nie, maar ook die eerste van Kobus Geldenhuys se uitmuntende vertalings wat uiteindelik al sewe boeke in die reeks onder die Protea-vaandel sal verenig.

Author C.S. Lewis

View full details