ISBN: 9781485302254 | Published: September 1, 2015 |
Die boek van alle dinge
Die boek van alle dinge
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Die verhaal speel in 1951 af en handel oor 'n negejarige seuntjie, Thomas, wat Die boek van alle dinge begin skryf. Daar word in Thomas-hulle se huis elke dag uit die Bybel gelees. Hy ken al hele stukke uit sy kop, wat hy op sy eie manier met humor en fantasie probeer verstaan. Sy pa hou nie van Thomas se manier nie. As sy ma vir die hoeveelste keer met harde klappe deur sy pa tot die ware geloof gebring word, besluit Thomas dat dit tyd is vir 'n Egiptiese plaag. Daarom gooi hy lemoenstroop in die vistenk sodat die water soos die Nyl in bloed moet verander ...
Thomas dink sy tienersuster is so dom soos 'n ui. Hy is verlief op haar gestremde vriendin met die leerbeen wat kraak-kraak, Eliza. Hy sien gereeld dinge wat nie bestaan nie - sy ma noem hom haar 'droomkoninkie' - en hy voer gesprekke met Jesus (soms lyk Hy soos Thomas se oupa en soms soos sy tante ...). 'n Gawe buurtannie (wat deur die res van die buurt se kinders vir 'n heks aangesien word) neem hom onder haar vlerk en help Thomas om 'n leesklub te stig. Thomas onderskep 'n briefie wat die tannie aan sy pa skryf (''n Man wat sy vrou slaan, onteer homself') en nadat hy sy suster moet vra wat 'onteer' beteken, begin broer en suster vir die eerste keer gesels oor wat in hul huis aangaan. Hoe sal hulle dié moeilike huislike omstandighede te bowe kom?
'Die humor, intelligensie, ontroering en poësie maak dit 'n boek vir alle ouderdomme.' - The Washington Post
'Knap geskryf in egte Kuijer-styl. Hier is 'n skrywer aan die werk wat presies weet wat hy doen wat styl en woordkeuse betref.' - De Volkskrant
Die oorspronklike uitgawe, Het boek van alle dingen, is in 2005 bekroon met die Gouden Griffel- en die Gouden Uil-Jeugliteratuurprys.
Guus Kuijer (1942) is 'n Nederlandse outeur wat baie bekend is vir sy Madelief-reeks vir kinders. In 2012 het hy die Astrid Lindgren-prys ontvang vir sy lewenslange bydrae tot kinder- en jeugliteratuur, en in 2008 het hy die kortlys gehaal vir die Hans Christian Andersen-prys.
Martjie Bosman is op Groblersdal gebore en het aan die Universiteit van Pretoria studeer, waar sy in 1977 'n B.A. (Hons.) (Afrikaans) (cum laude) behaal en in 1985 'n meestersgraad (cum laude) in Afrikaanse letterkunde. Ná twee jaar in die onderwys word sy in 1981 by die Sentrum vir Suid-Afrikaanse Letterkundenavorsing (SENSAL) van die RGN as navorser aangestel. Van 2000 tot 2004 is sy as Argivaris (Afrikaanse radioprogramme) by die SAUK se Klankargief werksaam. In Augustus 2004 word sy as redakteur by Protea Boekhuis aangestel.
Sy publiseer sedert 1990 gereeld gedigte in literêre tydskrifte en debuteer in 2003 met die bundel Landelik, waarvoor sy die Ingrid Jonker-prys ontvang. In 2010 verskyn haar tweede digbundel, Toevallige tekens. 'n Aantal artikels en ander publikasies oor sosiaalwetenskaplike en literêre onderwerpe het ook van haar pen verskyn.
Author Guus Kuijer
Share
