ISBN: 9781485302476 | Published: January 1, 2015 |
Mooier as die blomme
Mooier as die blomme
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Karl Kielblock was ongetwyfeld een van die beste speurverhaalskrywers in ons land. Mooier as die blomme is deel van die Frans Lindenhof-speurreeks en dis 'n verhaal met baie spanning, onverwagte wendinge en heelwat afwisseling. Dit bly end-uit genietbaar.
Namakwaland se kleurkaleidoskoop lok elke jaar duisende besoekers van oral. Daar is egter iets nóg mooier en waardevoller as veldblomme wat in die Namakwaland verskuil is, besef Joachim Verbeek wanneer 'n skilderekspedisie plotseling in 'n nagmerrie ontaard.
Wanneer Verbeek se paadjie onwetend met dié van uitgeslape diamantdiewe kruis, verander dít wat as 'n rustige wegbreek beplan is, in 'n jaagtog vol blink klippies, verleidelike vroue - en lewensgevaar. Niks ontglip egter die onverskrokke speurder-sersant Frans Lindenhof se waaksame oë en fyn ore nie, en hy onderneem om die misdadigers vas te keer.
Karl Kielblock is 'n bekende skrywer en selfs ná sy afsterwe bly sy boeke onweerstaanbaar. In 1936 verskyn sy eerste boek Die skat van Java. Sedertdien het daar verskeie romanse, speur- en spanningsverhale asook verskeie jeugverhale die lig gesien. In 1970 ontvang Kielblock die Scheepersprys vir die boek Rebel.
Author Karl Kielblock
Share
