ISBN: 9781485302506 | Published: April 1, 2015 |
Skooldae
Skooldae
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Skooldae was 'n jeugreeks op die televisie : 1981 tot 1984 (SAUK). Daar was drie reekse in totaal en 36 episodes.
Dis 'n nuwe skooljaar en soos gewoonlik sien die graad 12's op na die vervelige geskiedenisperiodes. Maar tot hulle verbasing maak meneer Christo de Wet - die nuwe, onervare onderwyser - dié periodes so interessant dat hulle nie anders kan as om aan sy lippe te hang nie. Die graad 12's hou sommer baie van meneer De Wet, dis net jammer van die ander personeellede is nie altyd te vinde vir sy unieke manier van skoolhou nie. Die graad 12's leer egter hierdie jaar meer as net geskiedenis - met meneer De Wet se ondersteuning en aanmoediging leer hulle ook hoe om probleme op 'n volwasse manier te hanteer.
Franz Marx is 'n bekroonde akteur, draaiboekskrywer, regisseur en vervaardiger, met verskeie films, televisiereekse, enkeldramas en minireekse agter sy naam. Sy toekennings sluit in die SAUK-prys vir televisiedramas vir die draaiboek van Die buitestaander (1986) en 'n erepenning vir rolprentkuns (1995). Marx het gedurende die vroeë jare tagtig met die jeugreeks Skooldae sy debuut as televisieskrywer en -regisseur gemaak. Vanweë die sukses van dié reeks het twee opvolgreekse gevolg. Skooldae is in 1982 as roman gepubliseer.
Author Franz Marx
Share
