Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485302568 | Published: June 1, 2015 |

Samsa-masjien

Samsa-masjien

Regular price R 180
Regular price R 0 Sale price R 180
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Samsa-masjien tree in gesprek met Franz Kafka se 'Die Verwandlung' Dit vertel die storie van die insekwording van Gregor Samsa sr. Gregor, in sy sewentigs, is 'n afgetrede biologie-onderwyser, skoolhoof en was ook klavierstemmer in sy jongdae. Hy ly aan dementia en as gevolg daarvan bly hy en Josephine by hul dogter, Grete en haar man Tjaart, in hul luukse, moderne huis in 'n woonbuurt soos Sandton.
Soos die Gregor van die Kafka-verhaal, ondervind Gregor 'n stelselmatige insekwording, wat deur die sielkundiges, psigiaters en dokters toegeskryf word aan die ouditiewe en taktiele hallusinasies van dementia-lyers. Gregor sien oral insekte, voel hulle loop op hom en voel homself uiteindelik 'n insek word. Stelselmatig beweeg die ouerpaar uit die huis uit na die kelder waar hulle 'n geraasmasjien (soos dié van die Futuriste) begin bou uit skroot en rommel.
Klank en musiek is sentraal tot die stuk. Dit dien as deurlopende metafoor en is daarom as 'n CD ingesluit in die publikasie. Die komponis Pierre-Henri Wicomb was verantwoordelik vir die klankbaan.

Author Willem Anker

View full details