ISBN: 9781485302629 | Published: May 1, 2015 |
Skadustemme
Skadustemme
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
In dié debuutroman (wat in Engels publiseer is as Dark Whispers) onthul een van Megan Wright, 'n sielkundige, se kliënte dat sy deur 'n snydokter wat in ginekologiese operasies spesialiseer, geskend is. Dit word duidelik dat die gewraakte operasie geen ongeluk was nie. Die vrywaringsbrief wat die pasiënt vooraf moes teken, maak dit egter onmoontlik om die betrokke dokter te laat vervolg.
Megan lê haar daarop toe om dié dokter te ontbloot en te keer dat hy nog vrouelewens vernietig. Veral toe sy uitvind dat hy 'n hele paar ander pasiënte ook geskend het, soms so erg dat hulle nooit sal kan kinders hê nie. Nie een van die klagtes wat teen die dokter gelê is, was suksesvol nie. Verwikkelinge in Megan se persoonlike lewe word meesterlik met die verhaal se hoofspanningslyn vervleg.
Author Joanne Macgregor
Share
