ISBN: 9781485302711 | Published: October 1, 2015 |
Toe Elvis ophou sing
Toe Elvis ophou sing
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
In hierdie aangrypende roman word pertinente vrae gevra: Waarom bly ons lojaal tot die mense vir wie ons lief is? Is daar 'n 'reg' en 'verkeerd' in verhoudings? Is dit onselfsugtig en groothartig om by 'n verslaafde te staan - of eerder pateties om nie jouself eerste te stel nie?
Toe Elvis ophou sing is 'n boek wat 'n binnekyk gee in die lewe van alkoholisme gesien deur die familielede van die alkoholis. Meer spesifiek die kind van 'n alkoholis. Die boek beeld die progressiewe stadia van alkoholisme uit. Waar die alkoholis net as 'n sosiale drinker begin en opeindig as 'n aggressiewe dronkaard. Toe Elvis ophou sing ondersoek ook die effek, wat alkoholisme het, op die individu wat in so 'n huis grootword en later 'n huishouding van haar eie het. Hoe denkpatrone, gedragspatrone en keuses steeds gedryf word deur hierdie disfunksionele gesinsomstandighede waarin die volwassene as kind grootgeword het.
Author Juanita Aggenbach
Share
