ISBN: 9781485302926 | Published: March 1, 2015 |
Die potlooddief se bruid en ander stories
Die potlooddief se bruid en ander stories
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
'Ek sien kokerbome en gemsbokke, woestynveld en lang, reguit stofpaaie. Ek sit links voor met my voete op die dashboard en is diep gelukkig. Die niks en die stilte maak my kop só vol woorde dat dit aanhoudend by my vingers uitvloei.'
Die potlooddief se bruid en ander stories, 'n versameling rubrieke deur Keina Swart, is die resultaat van verskeie reise: hartsreise, kopreise, verbeeldingsvlugte en avontuurlustige verkennings van plekke ver en naby. Sy skryf oor die mense naaste aan haar - die mans, vroue en kinders van haar hart - en dring met haar fyn waarnemersoog tot in die siel van Suid-Afrika en sy sonderlinge stories, soos wat net 'n ma, 'n vrou, 'n dogter en 'n dromer kan.
Keina Swart het ná skool 'n tale-draai (Duits, Frans, Engels) op Tukkies gemaak en daarna 'n honneurs- en meestersgraad (cum laude) in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sy is die afgelope veertien jaar redakteur en mede-eienaar van die Waterberg-streekskoerant Die Pos, wat in 2013 'n ATKV-Veertjie ontvang het as Beste Dorpskoerant in die land. Vir haar rol in die gemeenskapspers is Keina onder meer nasionaal deur Sanlam vereer as Rubriekskrywer van die Jaar en vier keer aangewys as een van die land se top tien joernaliste. Van haar skryfwerk verskyn in Rooi Rose, Baba & Kleuter, Rapport, Die Burger, Beeld, Volksblad, By, Lééf en Weg!Platteland.
Author Keina Swart
Share
