ISBN: 9781485303572 | Published: September 1, 2016 |
Lafras Cuyper in Frankryk 5
Lafras Cuyper in Frankryk 5
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die vyfde boek in dié reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur!
Lafras Cuyper word persoonlik deur Napoleon gevra om Franse skipbreukelinge op die eilandjie Abbé te gaan red. Hy staan nie terug vir dié lewensgevaarlike uitdaging nie en besef dat deeglike beplanning en betroubare bemanning die sleutel tot sukses is. Sal hy die Engelse om die bos kan lei en die skipbreukelinge red? Of sal hy vir Napoleon teleurstel?
Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.
Author Karl Kielblock
Share
