Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485304104 | Published: April 1, 2015 |

Narokkong

Narokkong

Regular price R 60
Regular price R 210 Sale price R 60
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

In hierdie debuutbundel word die verhouding tussen vader en seun vanaf geboorte tot by volwassenheid verken. Dit is egter 'n besonder komplekse verhouding omdat die seun outisties is. Die tema van outisme, wat nog nie voorheen in die Afrikaanse poësie neerslag gevind het nie, word deurgaans verwoord vanuit die subjektiewe ervaring van die vader, wat voortdurend op soek is na maniere om deur te dring tot die bykans geslote wêreld van die kind.
Die narokkong van die bundeltitel verwys na 'n geheimsinnige voël van die nag wat ook in D.J. Opperman se gedig 'Koggelbos' figureer, maar eintlik verder terugverwys na 'n kortverhaal, 'Koors', deur Sangiro. Vir die siek kind in die verhaal is die narokkong 'n bringer van onheil, maar in die kind se koorsdrome word hy self ook 'n narokkong wat deur die giftige nabome gelok word. In Franzsen se bundel is daar ook 'n vreemde band tussen die outistiese kind en die voël wat alles met sy afsydige swart oë dophou en is dit nie altyd duidelik of die voël bedreiging of beskerming inhou nie.
Die gedigte bring die leser te staan voor die wêreld van die ouers en hul radelose pogings om deur te dring tot die kind, om iets te verstaan van die manier waarop hy die werklikheid ervaar, en hul bekommrnis omdat hul besef dat hy nooit selfstandig sal kan leef nie ('Paasfees'). Voor hierdie verskynsel is die mediese wetenskap magteloos ('Hippokrates het sy hande vol'). Die leser sien ook iets van die kind se ontuisheid in 'n wêreld wat vir hom onbegryplik is - 'Hoe dans mens in sirkels/in hierdie vierkantige plek?' word in 'Outisme I'gevra, en sy afgeslotenheid en opgeslotenheid ('Kerker'). Daar is egter ook momente van troos ('Engel in die bos'), van humor ('Beseringstyd') en deernis ('Denmar'). Die bundel eindig met 'n aangrypende gebed ('Slotgesang').
Riël Franzsen is hoogleraar in Belastingbeleid en -bestuur aan die Universiteit van Pretoria en is 'n internasionale kenner op die gebied van belastingreg. Voëlkyk en natuurlewefotografie is van sy stokperdjies. Hy woon in Pretoria.

View full details