Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485304326 | Published: October 1, 2015 |

Gelukkige slawe

Gelukkige slawe

Author:Tom Lanoye
Regular price R 100
Regular price R 280 Sale price R 100
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

In Gelukkige slawe bevind twee Belgiese mans met presies dieselfde naam en van, Tony Hanssen, hulleself op 'n keerpunt.
In Buenos Aires speel Tony Hanssen - eens 'n toerdirekteur op van die mees luukse plesierbote ter wêreld - 'n gevaarlike speletjie as toyboy van mevrou Bo Xiang, die bejaarde eggenote van 'n skatryk Chinese bouondernemer met legendariese genadeloosheid. In Suid-Afrika korrel 'n ander Tony Hanssen - die vlugtende rekenaarprogrammeerder van 'n bankrot bank - met 'n geweer na 'n renoster in die Krugerwildtuin. Die een Tony wil sy vryheid terughê, en die ander een sy gesin. Eers as hulle mekaar vir die eerste keer ontmoet, op 'n ander kontinent, blyk dit hoeveel hulle op mekaar aangewese is.
Tom Lanoye is 'n bekende skrywer, digter, dramaturg, joernalis, vertaler en kritikus. Hy is een van die mees geleesde en vereerde skrywers van sy taalgebied en sy werk is in meer as 15 tale vertaal. Hy woon in Antwerpen en Kaapstad. Hy het verskeie pryse vir sy skryfwerk ontvang, waaronder meermale die gesogte Goue Uil-lesersprys, asook die Constantijn Huygensprys vir sy hele oeuvre.
Daniel Hugo is 'n voltydse vertaler, skrywer en redigeerder. Hy is 'n gerekende digter met reeds 14 poësiebundels op sy kerfstok. In 2014 ontvang hy die Akademie vir Wetenskap en Kuns se prys vir die vertaling van Sprakeloos (2011), ook van Tom Lanoye.

Author Tom Lanoye

View full details