ISBN: 9781485304524 | Published: October 1, 2015 |
Een minuut vir die haan
Een minuut vir die haan
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Toe die haan, Pavarotti, op die plaas by Pettson-hulle kom bly, is Fielies baie jaloers omdat die henne so ingenome is met hom. Boonop kraai hy onophoudelik. 'Sê vir hom om op te hou, Pettson, of ek trek na 'n ander huis toe,' sê Fielies voor hy vir die lawaai gaan wegkruip. Sal die lewe op die plaas ooit weer dieselfde wees?
Sven Nordqvist is op 30 April 1946 in Helsingborg, Swede, gebore. Hy wou van die begin af 'n illustreerder word, maar verskeie kunsskole het hom afgekeur. Hy studeer toe argitektuur aan die Lund Instituut vir Tegnologie, waar hy ook 'n tyd lank as lektor in argitektuur gewerk het. In 1983 wen hy die eerste prys in 'n kinderboekkompetisie, en sedertdien is hy 'n voltydse skrywer en illustreerder van kinderboeke. Sy werk is al verskeie kere in Swede en Duitsland bekroon. Hy is baie bekend vir sy verhale oor die eksentrieke Pettson en sy pratende kat. In 1999 is dié verhale ook vir televisie verwerk.
Daniel Hugo was 'n spesialisomroeper by Radiosondergrense en is steeds verantwoordelik vir die literêre program 'Leeskring'. Hy is 'n gerekende digter met 13 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal.
Author Sven Nordqvist
Illustrator Sven Nordqvist
Share
