Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485304814 | Published: October 1, 2015 |

Die woordenaar van Tah

Die woordenaar van Tah

Illustrator:Ben McAllen
Regular price R 60
Regular price R 210 Sale price R 60
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Vir Tillie, die beste atleet in haar graad, is daar min dinge so frustrerend soos grootmense wat gedurig vreemde uitdrukkings gebruik. Wie wil nou hoor van husse met lang ore as jy doodgewoon gevra het wat daar vir ete is? Sy's darem al te oud vir sprokienonsens en simpel prekies! Maar dan begin Tillie se kat Krummel meteens praat ... en oortuig sy vir Tillie om saam met haar na die towerwêreld Tah te reis. In Tah, die land waar nuwe woorde deur die Woordenaar uitgedink en gemaak word, is 'n bose vloek besig om ou én nuwe woorde een vir een in die gisterkolk te laat verdwyn. Sal Tillie die Woordenaar se opdragte kan uitvoer om die vloek te verbreek - en só te keer dat Tah in 'n dorre woordwoestyn verander?

DIE OUTEUR
Johann van Zyl, 'n joernalis van beroep met B.Com. en 'n Honneurs in Kommunikasiekunde agter sy naam, het reeds nege kortverhale vir volwassenes gepubliseer. Die Woordenaar van Tah is sy eerste kinderboek en is opgedra aan sy twee kinders, by wie hy self 'n rits nuwe woorde geleer het, en aan sy pa, 'n ware woordenaar. Net soos Tillie is Johann mal oor hardloop (wanneer hy nie deur die hele alfabet van beserings geteister word nie). Hy woon in Centurion.

DIE ILLUSTREERDER
Ben McAllen is 'n veelsydige illustreerder en grafiese ontwerper met 'n uiteenlopende portefeulje wat projekte vir onder meer Oxford University Press, Musica, Cape Union Mart en Protea Boekhuis insluit. Die agt jaar wat hy as onder meer plaaswerker, matroos, kroegman, kelner en toergids op al vier uithoeke van die aarde deurgebring het vind beslis neerslag in sy kreatiewe en verbeeldingryke werk. Hy woon in Durban.

Author Johann van Zyl

Illustrator Ben McAllen

View full details