ISBN: 9781485305897 | Published: September 29, 2017 | Hardcover
Die Muishuis 03 By die kermis
Die Muishuis 03 By die kermis
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Daar's 'n kermis in die stad! Sam en Julia gaan kyk hoe die vermaaklikhede gebou word. Daar kom 'n agtbaan wat so hoog is dat dit tot by die derde verdieping van die Muishuis reik. Hulle kan nie wag om op daardie rit te klim nie! Maar daar is een probleem: Alle plesierritte kos geld en hulle het nie geld nie. Hulle bedink saam met die rommelboer 'n plan om ekstra sakgeld te verdien.
En dan kom die groot dag. Die dag waarop Sam en Julia kermis toe mag gaan! En dit is 'n geweldige kermis, want alles waarvan 'n muisekind maar kan droom, is daar. 'n Balgooikraampie, stampkarretjies, 'n spookhuis en die einste agtbaan …
Author Karina Schaapman
Share
