ISBN: 9781485305910 | Published: September 22, 2017 | Hardcover
Polleke
Polleke
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Al vyf van die gewilde Nederlandse Polleke-boeke is nou saam in een band in Afrikaans beskikbaar!
Polleke het 'n kêrel, Mimoen. Maar sy geloof en sy kultuur maak hulle vriendskap byna onmoontlik. Polleke se pa, Spiek, loop rond en gebruik dwelms. En Polleke se onderwyser is skielik haar ma se nuwe vriend - hulle praat glad van trou …
Dit is nie maklik om opgeruimd te bly as so baie dinge skeefloop nie. Maar Polleke gooi nie sommer tou op nie. Daar is darem ook Oupa en Ouma se plaas buite die stad waar sy tot rus kan kom. Daarnatoe gaan sy graag - sy het selfs haar eie kalfie wat sy Polleke gedoop het!
Guus Kuijer het verskeie toekennings vir die Polleke-boeke ontvang, waaronder 'n Gouden Griffel, 'n Zilveren Griffel en die Woutertje Pieterse-prys. Die boeke is ook met groot sukses in Nederland verfilm.
Author Guus Kuijer
Share
