Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485305989 | Published: February 28, 2018 |

In glas

In glas

Regular price R 195
Regular price R 0 Sale price R 195
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Die drama In glas handel oor 'n kinderlose egpaar wat in vitro-bevrugting ondergaan en die uitwerking van hul versugting na 'n kind op hulle as individue, hul huwelik en hul verhoudings met ander. Nicola Hanekom wys die vernedering van herhaalde besoeke aan onsimpatieke dokters, die monotomie van seks wat gemonitor word, die aftakeling van 'n man en vrou wat gereduseer word tot hul voortplantingsorgane.

In glas wen beste regie, beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie en beste aanbieding. Stian Bam wen beste akteur en Tinarie van Wyk Loots wen beste aktrise in 2015 op die kortlys vir die toekenning van die ATKV-prys vir 'n dramateks

Wat joernaliste oor Nicola skryf:
Teatergenie, noem resensente haar. Dramaturg, vervaardiger, aktrise. Sy het Afrikaanse teater in die holte van haar hand, die “ongelooflik talentvolle” Nicola Hanekom. - Hanli Retief

Nicola Hanekom vang die gehoor se aandag van die begin en weier om dit te verloor. Sy hou die verskillende storielyne mooi bymekaar totdat dit saam opeindig. Nicola oortuig jou terwyl sy jou skok. Jy is spraakloos as jy uitstap. Geskok, maar ook hulpeloos. Die toneelstuk is 'n meesterstuk met Nicola die bes moontlike skilder. - James de Villiers

View full details