Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485306047 | Published: October 1, 2016 |

Arsenaal van klank

Arsenaal van klank

Regular price R 180
Regular price R 0 Sale price R 180
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Anna Enquist is die skrywersnaam van die Nederlandse digter en prosaskrywer Christa Widlund-Broer. Sy het sowel psigoanalise as musiek gestudeer en albei hierdie terreine word in haar skryfwerk weerspieel. Haar gewildheid in Nederland kan onder meer toegeskryf word aan die herkenbare alledaagse werklikheid in haar poesie, waarby lesers aansluiting vind. Alhoewel haar gedigte oenskynlik verstandelik en nugter is, word die leser juis getref deur die vasberade erns en innerlike krag waarmee sy byvoorbeeld die verlies van haar dogter verwerk deur daaroor te skryf. Die emosionele word egter altyd gebalanseer deur redelikheid, sodat haar gedigte nie sentimenteel is nie, maar tog die leser raak, soos in die gedig 'Habanera' Daar was 'n kind. Met haar het ek deur die kamer gedans, ons het van hoek tot kant galop, ons het luidkeels 'n lied gesing. Sy het 'n warm gesig gehad. Sy was my dogter. As ek asemhaal vonk sy na in die gedig.

Author Anna Enquist

View full details