ISBN: 9781485306207 | Published: April 1, 2017 |
Pad na Eensaamheid
Pad na Eensaamheid
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Dit is die ironie van die lewe dat die dinge waarna jy die hardste streef omdat jy meen dat jy daardeur geluk kan verwerf, jou ontgaan juis op die oomblik wanneer dit net binne jou bereik lê. Dit is die pad van die lewe wat na eensaamheid lei.
Willem, 'n uitgeworpene, is oortuig dat daar niks op die aarde is om na te strewe en voor te werk nie. Dan kry hy 'n nuwe geloof wanneer hy weer verantwoordelikheid kry vir plante en diere, vir lewende dinge wat van hom afhanklik is.
Willem se pad kruis met Hans. Hans aanvaar al sy lewe lank dat elke mens verantwoordelikhede het en 'n plig om te werk. En wanneer hy begin vrae stel en die aanvaarding verdwyn, plaas hy nie net homself op die pad na eensaamheid nie, maar hy vernietig ook die geluk wat twee ander mense moontlik sou kon vind.
OOR DIE OUTEUR
Kas van den Bergh, wat in 1997 oorlede is, is in die omgewing van Matlapein naby Rustenburg gebore en het lewenslank verbonde gevoel tot hierdie bosveldomgewing. Hy was lank rubriekskrywer vir onder andere Huisgenoot en is verder bekend vir 'n groot aantal kort- en vervolgverhale asook verskeie romans en speurverhale.
Author Kas van den Bergh
Share
