Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485306375 | Published: October 15, 2018 | Paperback

Wadda van die woestyn

Wadda van die woestyn

Author:Cor Dirks
Regular price R 180
Regular price R 0 Sale price R 180
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

“Weer neurie die kind lispelend en vervelig herhaalde kere sy liedjie sodat Koestertjie, lamgeslaan soos sy daar staan, tot haar verbasing sien dat die slang sy bolyf laat sak totdat hy plat op die grond in al sy kronkelinge voor die kind lê. 'n Vuil handjie word uitgestrek en net as dit aan die skubberige rug wil vat, pluk die reptiel homself weer orent en word die bak dreigend platgemaak. Dit is tog te mooi. Die laggie dawer deur die lug en dan word daar maar weer gesing. Weer bedaar die slang.”

Wadda van die woestyn verskyn oorspronklik in 1950. In die roman word 'n wit driejarige seuntjie deur Boesmans, Boogspan en sy vrou, Koestertjie, aangeneem nadat die skip waarop hy, sy tweelingboetie en hulle ouers reis byna op die rotse loop. Wadda ('n verdraaiing van sy doopnaam “Waldo”) toon 'n besondere aanvoeling vir en beheer oor die plante- en dierelewe van die Namib-woestyn. Wanneer hy ouer word, word hy 'n leier en legende onder die inheemse bevolking.

Die verhaal neem 'n onverwagse wending wanneer Wadda 'n soekgeselskap, op soek na legendariese skatte, teëkom en uitvind waar hy werklik vandaan kom.

Author Cor Dirks

View full details