Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485306405 | Published: April 1, 2016 |

Die bome reusagtig soos ons was

Die bome reusagtig soos ons was

Regular price R 160
Regular price R 0 Sale price R 160
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Hierdie verrassende debuutbundel is een van die eerlikste sienings in Afrikaans van die werklikheid van die emigrant of expat wat Suid-Afrika verlaat het, maar nog steeds worstel met identiteit in 'n nuwe omgewing.
Die kinderjare van die digter word byna deurlopend gekontrasteer met haar nuwe lewe in die buiteland. Die herinneringe is skrynend eerlik en brose familiebande word sonder skroom ondersoek.
Klein besonderhede kry reusegestalte in die herinneringe van haar kinderjare en staan skerp afgeteken teen die besef van nietigheid wanneer die ek-spreker in ander kontekste beland.
Die belewenis van die grootstad Londen het soms 'n byna onwerklike en dromerige kwaliteit, asof die digteres sukkel om tot 'n vergelyk te kom met die verplaasde self. Afstand, afsondering en verlange word egter teengewerk deur vlugtige kontak met ander mense, objekte en herinneringe.
Die stad met sy glas en beton word byna ook 'n persoonlikheid en word soms direk aangespreek, maar dit is veral die waarneming van die gewone lewe in teenstelling met die bekende toeristiese gesig van die stad wat uitstaan, soms morbied, onverskillig en smerig, maar dikwels ook warm en verwelkomend.
Deurgaans is daar sprake van die spreker se kamera-oog wat objektief probeer waarneem en registreer, maar die ondertoon van melancholie verseker dat die gedigte die leser nie ongeraak laat nie.

OOR DIE OUTEUR
Hilda Smits is 'n boorling van Potchefstroom, maar het haar nagraadse studie in Sielkunde in Londen gedoen. Van haar gedigte het in Nuwe stemme 6 verskyn. Sy woon tans in Nashville, VSA.

Author Hilda Smits

View full details