ISBN: 9781485306481 | Published: March 1, 2017 |
Voor ek my kon kry
Voor ek my kon kry
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Die omslag van die bundel met sy abstrakte figure suggereer die gesprek wat in hierdie bundel gevoer word met die self, die geliefde, die lewe en die dood. Die digter ondersoek erskillende fasette van 'n lang en kreatiewe lewe. In die eerste afdeling kom die verhouding met die aarde ter sprake; in die tweede afdeling die ambivalente verhouding met die land waarin hy gekies het om te bly woon, ten spyte van die ongenaakbaarheid van klimaat, plae en sosio-politieke kwessies. In die volgende afdelings kyk die digter op ironiese wyse na die dreigende dood wat hom in verskille gedaantes voordoen. Dan volg gedigte oor die liefde: vir die taal, die woord en vir die geliefde vrou. Die fyn humor waarmee die digter na die ouderdom kyk, sorg dat die laaste gedigte nie neerdrukkend is nie, maar die lewe bly omhels.
Author Pirow Bekker
Share
