Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485306528 | Published: March 1, 2017 |

Die dag is bros / Sandton City grootdoop

Die dag is bros / Sandton City grootdoop

Regular price R 180
Regular price R 0 Sale price R 180
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Twee dramas oor familie, verhoudings, vergifnis en herinneringe. Wat bybly, is dat mense maar net mense is. Dat versoening deel van menswees is. Dat stukkende mense mekaar kan help heel word en dat familie tog familie bly - ondanks omstandighede, persoonlike keuses en uitdagings.

Sandton City grootdoop
'n Drama oor 'n ma en haar twee dogters wat vir die eerste keer in 'n lang tyd bymekaarkom om die oudste, Danél, se verjaardag in Sandton City te vier. In die proses begin die trio mekaar se verlede, gevoelens en emosies oopkrap met eerlike, en snaakse, oomblikke.
Kara, die ma, is die aktrise wat haar man en kinders op 'n jong ouderdom verlaat het om haar groot droom om wêreldberoemd te word, na te volg. Sy erken dat sy nie bevoeg of beskore was vir moederskap nie, maar probeer tog om tot hulle deur te dring en hulle vertroueling te wees. Haar oudste dogter, Danél, is bipolêr en bly na 'n onlangse selfmoordpoging weer by haar ma. Sy is naïef en emosioneel en val maklik vir haar ma se manipulasie.
Haar suster, Lisa, is gay en verwyt haar ma dat sy nog niks met haar lewe gedoen het nie. Sy is kwaad en kras en wil graag haar ma skok met haar uitlatings oor seks, maar 'n mens kom agter dat sy eintlik baie kwesbaar is.

'Die minimalisme van die stuk bind jou en hou jou vasgenael tot die einde.' Leonie Bezuidenhout
'Dit is galbitter, snaaks en bitter seer in ewe maat, 'n driekuns wat Pretorius keer op keer regkry. Jy lag, maar jy weet jy moet eintlik ween.' - Leatitia Pople

Die dag is bros
Dis laatmiddag. Elsa, voorheen 'n lektor in Afrikaanse letterkunde, berei 'n driegangmaaltyd voor vir Brian se verjaarsdag. Hy was 'n jeugmisdadiger wat 'n tweede kans gegun is onder Elsa se vlerk. Sy stel hom bloot aan Sheila Cussons en hy vul 'n leemte in haar lewe. Tussendeur word daar speletjies gespeel met Tertius - die vreemde kind wat kersiebloeisels aandra uit Japan. Voor die kos koud kan word sal die dag 'n ingrypende wending neem.

Die Dag is Bros is benoem vir 'n Fiësta as beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie.

View full details