Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485307013 | Published: February 1, 2017 | Paperback

Kewerknaap

Kewerknaap

Author:MG Leonard
Regular price R 290
Regular price Sale price R 290
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Darkus kan sy oë nie glo toe hy 'n reuseinsek by sy aaklige nuwe buurman se broekspyp sien uitval nie. Die dierasie het sewe bene - of ses bene en 'n horing - en dit lyk of hy wil kommunikeer. Maar hoe kan 'n seun vriende wees met 'n gogga wat so groot soos 'n hamster is? En wat presies het hierdie kewer te doen met sy pa se geheimsinnige verdwyning en die verskyning van die bose Lucretia Cutter met haar voorsmaak vir lewendige juweliersware?


Die antwoord is dalk iewers tussen die berg muwwe teekoppies in die bure se woonstel - as Darkus en sy nuwe vriend dapper genoeg is om ondersoek in te stel ...

Hierdie is die eerste boek van 'n kewertrilogie van die jong skrywer M.G. Leonard.

M.G. Leonard is 'n skrywer van boeke, gedigte en draaiboeke. Sy het 'n honneursgraad in Engelse letterkunde en 'n MA in Shakespeare Studies van King College in Londen. Sy werk in Londen as 'n senior digitale regisseur vir die Nasionale Teater, en was voorheen werksaam by die Royal Opera House en Shakespeare's Globe. Sy was ook vroeër betrokke by die musiekindustrie en het as akteur en regisseur opgetree voordat sy besluit het om haar stories neer te skryf. Sy woon in Brighton saam met haar man en twee seuns.

Author MG Leonard

View full details