Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485307167 | Published: November 1, 2016 |

Die aarde is 'n eierblou ark

Die aarde is 'n eierblou ark

Estimated Shipping Widget will be displayed here!

Regular price R 70
Regular price R 230 Sale price R 70
Sale Out of print
VAT included.

In Susan Smith se eerste bundel, in die afwesigheid van sin, het reeds 'n hele aantal gedigte oor die omgewing verskyn. In dié nuwe bundel word die omgewingsgesprek voortgesit. Die gedigte handel egter nie oor bewaringsvraagstukke nie, maar oor die mens se verhouding tot die aarde en die lewende wesens daarop. Soos die titel aandui, word die aarde gesien as 'n soort vaartuig wat deur die heelal reis. Dit is ook die boot waarmee die mens op sy lewensreis vaar deur verskillende waters. Plante, veral bome, is verwysingspunte op hierdie reis. Die woorde van die digter is instrumente wat die vaart moontlik maak, dit beskryf en die bedreigde lewendes help bewaar:
die aarde is 'n eierblou ark
wat deur die melkweg veer
[...]
waarin ons waterdeurdronge
deur soutreën en sleepmistonge

hiermaals vaar en as bede
om vergiffenis en genade

daagliks silwer woordspane
deur water stuur

OOR DIE OUTEUR
Susan Smith is dosent in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Fort Hare. As navorser ondersoek sy veral die poësie se bydrae tot die gesprek ook die omgewing.

Author Susan Smith

View full details