Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485307419 | Published: July 25, 2018 |

Wiplala

Wiplala

Regular price R 220
Regular price R 0 Sale price R 220
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

“Pappa!” roep Johannes. “Pappa, kyk net!”
“Stil!” roep meneer Blom. “Ek kry nie gewerk nie!”
“Maar jy móét kyk, Pappa,” sê Nella Della. Sy hou haar hand 'n bietjie stywer om die mannetjie sodat hy nie kan ontsnap nie.
Meneer Blom kyk. “Wat is dit?” vra hy effens knorrig, asof hy vies is dat hulle hom oor so 'n kleinigheid pla. “Is dit 'n kabouter? Kabouters bestaan nie. Dit is dus onmoontlik. Los my nou dat ek kan werk.”

'n Kabouter is dit nie, maar 'n wiplala met die naam Wiplala. En Wiplala kan toor, of soos hy dit noem 'tinkel'. Die enigste probleem is dat Wiplala dit sóms regkry om te tinkel en sóms nie. Wanneer hy die Blom-gesin net so klein maak soos hy, is dit die begin van 'n opwindende avontuur. Die Bloms wonder egter of hulle ooit weer normale mense sal word!

View full details