Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781485307471 | Published: April 1, 2017 |

`n Ope brief aan Dorian Gray

`n Ope brief aan Dorian Gray

Regular price R 70
Regular price R 240 Sale price R 70
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

In hierdie debuutbundel word 'n liefdesgeskiedenis vertel soos dit deur verskillende stadiums beleef word deur die spreker. Aan die begin soek die spreker na 'n manier om sy liefde duidelik genoeg uit te druk; dan volg die ontnugtering en die belewenis van die geliefde as 'n leë dop, en uiteindelik volg die misnoegde ervaring van mislukking. Die hele bundel staan in gesprek met Oscar Wilde se roman, The picture of Dorian Gray, waarin die jong Dorian Gray wens dat sy afbeelding in 'n skildery sal verouder, terwyl hyself jonk bly.Die gedigte verwoord in hierdie bundel die aftakelingsproses en boots die briefvorm van die Wilde-roman implisiet na. Soos in die roman word die grense tussen werklikheid, verbeelding en kuns in die gedigte dikwels oorskry. Die atmosfeer van verval van die Wilde-roman word ook in talle van die gedigte opgeroep.

OOR DIE OUTEUR
Ruan Fourie is in 1994 in Bloemfontein gebore en is tans 'n honneursstudent aan die NWU. Van sy gedigte is op Versindaba gepubliseer en hy het ook as digter deelgeneem aan die Byderhand-projek by Aardklop 2015, wat die ATKV-Aartvarkprys vir Grensverskuiwende Werk gewen het.

Author Ruan Fourie

View full details